30 of hy ontvang nou in hierdie tyd honderd maal soveel huise, broers, susters, moeders, kinders en grond, saam met vervolginge en in die wêreld wat kom, die ewige lewe,
31 maar baie wat eerste is, sal laaste wees en die wat laaste is, eerste.”
32 Toe hulle op die pad was wat opgegaan het na Yerushalayim, het Yeshua voor hulle uitgegaan en hulle was verstom. Hulle wat gevolg het was in respekvolle vrees. Hy het die twaalf by Hom gevat en aan hulle die dinge wat op die punt staan om met Hom te gebeur, begin vertel.
33 “Let op, ons gaan op na Yerushalayim en die Seun van die mens sal oorgegee word aan die leierpriesters en die leraars van die wet en hulle sal Hom tot die dood veroordeel en Hom oorgee aan die nie-Jode.
34 Hulle sal Hom spot, Hom gésel, in Sy gesig spoeg, Hom doodmaak en op die derde dag sal Hy opstaan.”
35 Ya’akov en Yoganan, die seuns van Zavdai, het na Hom toe gekom en gevra: “Leermeester, ons begeer dat U vir ons doen wat ons U vra.”
36 Hy sê vir hulle: “Wat moet Ek vir julle doen?”