40 maar om te sit aan My regterkant en aan My linkerkant, is nie vir My om te gee nie, behalwe aan hulle vir wie dit voorberei is.”
41 Toe die tien dit hoor, begin hulle ernstig kla oor Ya’akov en Yoganan,
42 maar Yeshua het hulle na Hom toe geroep en vir hulle gesê: “Julle is bewus daarvan dat die wat beskou word as heersers oor die nasies, oor hulle baasspeel en dat hulle groot manne outoriteit het oor hulle,
43 maar so moet dit onder julle nie wees nie, maar die wat onder julle groot wil word, moet julle dienaar wees
44 en die wat onder julle die eerste wil word, moet almal se slaaf wees,
45 want selfs die Seun van die mens het ook nie gekom om bedien te word nie, maar om te dien en Sy lewe te gee as ’n losprys vir baie.”
46 Hulle het in Yerigo gekom en toe Yeshua, Sy studentevolgelinge en ’n groot menigte mense uit Yerigo uitgaan, sit Timai, die seun van Timai (Bar-Timai), ’n blinde man, langs die pad en bedel.