9 Dit wat God dan so verenig het, mag geen mens skei nie.”
10 In die huis het Sy studentevolgelinge Hom weer oor hierdie saak gevra
11 en Hy sê vir hulle: “Wie van sy vrou skei en ’n ander trou, pleeg egbreuk1 Kor 7:10,11
12 en as ’n vrou haar man skei en aan ’n ander behoort, pleeg sy egbreuk.”
13 Hulle het kinders na Hom toe gebring sodat Hy hulle kon aanraak en die studentevolgelinge het dié wat hulle gebring het, aangespreek,
14 maar toe Yeshua dit sien, was dit vir Hom boos en Hy sê vir hulle: “Laat die kinders na My toe kom en moet hulle nie verbied nie, want dié wat soos hulle is, is die Koninkryk van God.
15 Dit is waar, Ek sê vir julle, elkeen wat nie die Koninkryk van God soos ’n kind ontvang nie, sal nie daar ingaan nie.”