1 Hy het begin om deur ’n vergelykende storie vir hulle te sê: “’n Sekere man het ’n wingerd geplant, ’n heining rondom gesit, ’n parskuip gegrawe, ’n wagtoring gebou, die sorg daarvan aan werkers oorgegee en na ’n ander land gegaan.
2 In die tyd dat hy vrugte van die wingerd kon ontvang, stuur hy sy slaaf na die werkers toe,
3 maar hulle het hom gevat en geslaan en hom met niks weggestuur.
4 Weer het hy ’n ander slaaf na hulle toe gestuur en op dieselfde manier het hulle hom met klippe gegooi en gewond en hom in skande weggestuur.
5 Weer het hy ’n ander een gestuur en hom het hulle doodgemaak. Ook baie ander, sommige het hulle geslaan en ander doodgemaak.
6 Hy het ook nog een seun gehad, vir wie hy baie lief was en hom laaste na hulle toe gestuur en gesê: ‘Hulle sal skaam wees voor my seun.’
7 Daardie werkers het egter by hulleself gesê: ‘Dit is die erfgenaam; laat ons hom doodmaak en die erfenis sal ons s’n wees.’