12 Hulle het gesoek om Hom te vang, want hulle het verstaan dat Hy die vergelykende storie aangaande hulle vertel het, maar was bang vir die mense en hulle het Hom gelos en weggegaan.
13 Sommige van die leraars van die wet en van die Herodiane het na Hom toe gestuur om Hom te vang op wat Hy sê.
14 Hulle kom en sê vir Hom: “Leermeester, ons weet dat U Waarheid is en U aan niemand steur nie, want U sien nie die persoon van mense raak nie, maar U leer die lewenswyse van God in waarheid. Is dit reg volgens die wet om aan die keiser belasting te betaal of nie? Moet ons betaal of nie?”
15 Hy het egter hulle valsheid geken en vir hulle gesê: “Waarom toets julle My? Bring vir My ’n denarion dat Ek dit kan sien.”
16 Hulle het dit gebring en Hy sê vir hulle: “Wie se beeld en inskripsie is die?” Hulle antwoord Hom: “Die keiser s’n.”
17 Toe antwoord Yeshua en sê vir hulle: “Gee aan die keiser wat die keiser s’n is en aan God wat God s’n is” en hulle was verwonderd oor Hom.
18 Die Saduseërs kom ook na Hom toe, dié wat sê dat daar geen opstanding uit die dood is nie en hulle vra Hom en sê:Deut 25:5-6