21 en die tweede het haar gevat en gesterf en hy het ook geen seuns nagelaat nie en die derde net so.
22 Al sewe het haar gevat en geen seuns nagelaat nie. Laaste van almal is die vrou ook dood.
23 In die opstanding dan, wie van hulle se vrou sal sy wees, want al sewe het haar as vrou gehad?”
24 Yeshua antwoord en sê vir hulle: “Is dit nie die rede hoekom julle dwaal nie: dat julle die Skrifte en ook die krag van God nie ken nie?
25 Wanneer hulle uit die dood opstaan, vat hulle nie vrouens nie en word hulle nie mans se vrouens nie, maar is hulle net soos die engele in die hemel.Eks 3:6
26 Wat die opstaan van dooies betref, het julle nie gelees in die Skrifte van Moshe hoedat God vir hom vanaf die doringbos gesê het: ‘ אנא אנא - Ek is, was, sal wees Wie Ek is, was, sal wees, die God van Avraham, die God van Yitz’gak en die God van Ya’akov nie?’
27 Hy is nie God van die dooies nie, maar God van lewendes. Daarvolgens dwaal julle grootliks.”