14 en waar hy ook mag ingaan, moet julle vir die meester van die huis sê: die Leermeester vra: ‘Waar is die vertrek waar Ek met My studentevolgelinge die Pesag kan eet?’
15 Let op, hy sal vir julle ’n groot bovertrek wys, klaar gereed gemaak. Daar moet julle vir ons voorberei.”
16 Sy studentevolgelinge het gegaan en in die stad gekom en dit gevind net soos Hy vir hulle gesê het en hulle het die Pesag voorberei.
17 Toe dit aand was, het Hy saam met die twaalf gekom
18 en terwyl hulle skuinslê aan tafel en eet, sê Yeshua: “Dit is waar, Ek sê vir julle, een van julle, wat saam met My eet, sal My oorlewer.”
19 Toe het hulle begin moedeloos word en een vir een vir Hom gevra: “Is dit miskien ek?”
20 Hy antwoord en sê vir hulle: “Een van die twaalf wat saam met My indoop in die gereg.