25 Dit is waar, Ek sê vir julle, Ek sal nie weer van die vrug van die wingerd drink tot op daardie dag dat Ek dit nuut sal drink in die Koninkryk van God nie.”
26 Hulle het lofsange gesing en uitgegaan na die OlyfbergZ’kh 13:7
27 en Yeshua sê vir hulle: “Julle sal almal in hierdie nag skaam wees vir My, want daar is geskrywe: ‘Ek sal die Skaapwagter slaan en die skape sal verstrooi word,’
28 maar wanneer Ek opgestaan het, sal Ek voor julle uitgaan na die Galil.”
29 Kefa sê vir Hom: “As almal sou skaam wees vir U, nie ek nie.”
30 Yeshua sê vir hom: “Dit is waar, Ek sê vir jou, vandag, in hierdie nag voordat die haan twee maal kraai, sal jy drie maal ontken dat jy My ken,”
31 maar hy het meer en meer aangehou en gesê: “Al moet ek saam met U doodgemaak word, ek sal U nooit ontken nie, my Meester.” Almal het net soos hy gepraat.