36 en Hy sê: “Vader, My Vader, alle dinge is vir U moontlik; laat hierdie beker by My verbygaan; nogtans nie My wil nie, maar U wil.”
37 Hy kom en vind hulle terwyl hulle slaap en sê vir Kefa: “Shim’on, slaap jy? Was jy nie in staat om een uur te waak nie?
38 Waak en bid dat julle nie getoets word nie. Die gees is wel gewillig en gereed, maar die vlees is swak.”
39 Weer het Hy gegaan en dieselfde woorde gebid
40 en toe Hy terugkom, vind Hy hulle weer terwyl hulle slaap, want hulle oë was swaar en hulle het nie geweet wat om vir Hom te sê nie.
41 Hy kom vir die derde keer en sê vir hulle: “Slaap nou maar en rus. Dit is genoeg! Die einde en die uur het gekom. Let op, die Seun van die mens is oorgelewer in die hande van die sondaars.
42 Staan op, laat ons gaan. Let op, hy wat My oorgee, is naby.”