50 Toe het Sy studentevolgelinge Hom in die steek gelaat en gevlug.
51 ’n Jongman het ’n linne kleed om sy kaal lyf gegooi en Hom gevolg en hulle het hom gegryp,
52 maar hy het die linne kleed agtergelaat en kaal gevlug.
53 Hulle het Yeshua na Kayafa, die hoofpriester, gebring en al die leierpriesters en die oudstes en die leraars van die wet by hom bymekaargebring,
54 maar Shim’on het Hom op ’n afstand gevolg tot binne-in die voorhof van die hoof-priester en het saam met die diensknegte gaan sit en hom by die vuur warm gemaak.
55 Die leierpriesters en almal wat vergader het, het getuienis teen Yeshua gesoek om Hom dood te maak en hulle het niks gekry nie
56 terwyl baie teen Hom getuig het, was hulle getuienisse nie aanvaarbaar nie.