69 Daardie slavin het hom weer gesien en begin om aan die wat daar staan, te sê dat hy een van hulle is,
70 maar hy het dit weer ontken en ’n bietjie later sê die wat daar staan weer vir Kefa: “Waarlik, jy behoort by hulle, want jy is ook van die Galil en jou spraak is dieselfde.”
71 Toe begin hy vloek en sweer: “Ek ken nie daardie man, van wie julle praat nie”
72 en op daardie oomblik kraai die haan vir die tweede keer en Shim’on het die woord onthou wat Yeshua vir hom gesê het: “Voor die haan twee maal gekraai het, sal jy drie maal ontken dat jy My ken” en hy het begin huil.