10 Want Pilatos het geweet dat die leierpriesters Hom uit afguns oorgelewer het,
11 maar die leierpriesters het die skare al hoe meer aangehits dat hy eerder Bar-Abba vir hulle moes vrylaat.
12 Pilatos sê vir hulle: “Wat wil julle dan hê moet ek doen met Hom wat julle ‘Koning van die Jode’ noem?”
13 Weereens skree hulle: “Kruisig Hom!”
14 Pilatos sê vir hulle: “Watter kwaad het Hy gedoen?” Hulle skree toe nog harder: “Kruisig Hom!”
15 Omdat Pilatos die skare wou tevrede stel, het hy Bar-Abba vir hulle losgelaat en nadat hy Yeshua laat gésel het, het hy Hom oorgegee om gekruisig te word.
16 Die soldate het Hom weggelei na die binneplaas van die hoofkwartier en hulle het die hele leërafdeling bymekaargeroep,