13 Weereens skree hulle: “Kruisig Hom!”
14 Pilatos sê vir hulle: “Watter kwaad het Hy gedoen?” Hulle skree toe nog harder: “Kruisig Hom!”
15 Omdat Pilatos die skare wou tevrede stel, het hy Bar-Abba vir hulle losgelaat en nadat hy Yeshua laat gésel het, het hy Hom oorgegee om gekruisig te word.
16 Die soldate het Hom weggelei na die binneplaas van die hoofkwartier en hulle het die hele leërafdeling bymekaargeroep,
17 vir Hom ’n pers kleed aangetrek en vir Hom ’n kroon van dorings gevleg en opgesit.
18 Hulle het begin om Hom te salueer met “Wees gegroet, Koning van die Jode!”
19 Hulle het Hom met ’n riet op die kop geslaan en op Hom gespoeg en op die knieë geval en Hom ‘aanbid.’