21 Hulle het ’n sekere Shim’on van Kurene, wat van die veld af gekom het, die vader van Aleksandros en Roufos, gedwing om Sy kruis te dra.
22 Hulle het Hom gebring op die plek Gulgolta, wat vertaal word as: Kopbeen.
23 Hulle het vir Hom wyn gemeng met mirre gegee om te drink, maar Hy het dit nie gedrink nie.
24 Toe hulle Hom gekruisig het, het hulle Sy klere verdeel deur die lot te werp oor wat elkeen moes kry.
25 Dit was die derde uur (nege-uur die oggend) toe hulle Hom gekruisig het
26 en op die inskripsie met die rede vir Sy dood is geskryf: ‘DIE KONING VAN DIE JODE.’
27 Saam met Hom het hulle ook twee rowers gekruisig, een aan Sy regterkant en een aan sy linkerkantYes 53:12