24 Toe hulle Hom gekruisig het, het hulle Sy klere verdeel deur die lot te werp oor wat elkeen moes kry.
25 Dit was die derde uur (nege-uur die oggend) toe hulle Hom gekruisig het
26 en op die inskripsie met die rede vir Sy dood is geskryf: ‘DIE KONING VAN DIE JODE.’
27 Saam met Hom het hulle ook twee rowers gekruisig, een aan Sy regterkant en een aan sy linkerkantYes 53:12
28 en die Skrif is vervul wat sê: ‘En Hy is by die wetteloses gereken.’Ps 22:8,9
29 Die verbygangers het kwaadgepraat van Hom terwyl hulle hul kop skud en sê: “O! Vernietiger van die tempel en die een wat dit in drie dae opbou,
30 red Uself en kom van die kruis af!”