42 Toe dit aand geword het en omdat dit die voorbereiding was, net voor die Shabbat,
43 kom daar ’n geëerde lid van die Joodse raad, Yosef van Ramatayim, wat self ook die Koninkryk van God verwag het en gaan openlik na Pilatos om die liggaam van Yeshua te vra.
44 Pilatos het gewonder of dit genoeg tyd was vir Hom om dood te wees en hy het die kaptein oor ’n honderd geroep en navraag gedoen of Hy reeds dood is
45 en toe hy dit van die kaptein oor ’n honderd verneem het, het hy die liggaam aan Yosef gegee.
46 Yosef het linne gekoop, Hom afgehaal, in die linne toegedraai en Hom neergelê in ’n graf wat uitgekap was in ’n rots en hy het ’n klip voor die opening van die graf gerol.
47 Miryam van Migdala en Miryam, die moeder van Yosi, het gesien waar Hy neergelê is.