1 Yeshua het weer die bymekaarkomplek ingegaan en daar was ’n sekere man met ’n verdroogde hand
2 en hulle het Hom dopgehou sodat as Hy hom op die Shabbat gesond sou maak, hulle Hom kon aankla.
3 Hy sê vir die man met die verdroogde hand: “Staan op tussen hulle.”
4 Hy sê ook vir hulle: “Is dit reg volgens die wet om op die Shabbat te doen wat goed is of wat sleg is, om ’n lewe te red of te vernietig?” Hulle was egter stil.
5 Terwyl Hy beide met woede en hartseer oor die blindheid van hulle verstand rondkyk na hulle, sê Hy vir die man: “Steek jou hand uit!” en hy het dit uitgesteek en sy hand is genees