12 Hy het hulle streng bestraf sodat hulle Hom nie openbaar maak nie.
13 Hy het by ’n berg opgegaan en die wat Hy wou, na Hom geroep en hulle het na Hom toe gekom.
14 Hy het twaalf gekies sodat hulle by Hom kon wees en sodat Hy hulle kon uitstuur om te verkondig
15 en dat hulle die outoriteit kon ontvang om siektes te genees en demone uit te dryf.
16 Shim’on, vir wie Hy Kefa genoem het,
17 Ya’akov, die seun van Zavdai en Yoganan, die broer van Ya’akov; hulle het Hy genoem B’nei-Regesh, dit is: Seuns van donder.
18 Andréas, Filippos, Bar-Talmai, Mattityahu, T’oma, Ya’akov, die seun van (Bar-) Halfai, Taddai, Shim’on die jaloerse