20 en weer het ’n menigte mense bymekaargekom sodat hulle nie brood kon eet nie.
21 Toe Sy familie dit hoor, gaan hulle uit om beheer oor Hom te neem, want hulle het gesê: “Hy is van Sy verstand af.”
22 Die leraars van die wet, wat van Yerushalayim af gekom het, het gesê: “Hy het Ba’al-Z’vuv in Hom,” en: “Deur die heerser van die demone dryf Hy die demone uit.”
23 Yeshua het hulle geroep en vir hulle deur vergelykende stories gesê: “Hoe is die teëstander in staat om die teëstander uit te dryf?
24 As ’n koninkryk teen homself verdeeld is, is dit nie moontlik vir daardie koninkryk om staande te bly nie
25 en as ’n huis teen homself verdeeld is, is dit nie moontlik vir daardie huis om staande te bly nie
26 en as hy wat die teëstander is teen homself opstaan en verdeeld is, is dit nie moontlik vir hom om staande te bly nie, maar dit sal sy einde wees.