10 Toe Hy egter alleen was, het die wat saam met die twaalf, naby Hom was, Hom aangaande die vergelykende storie gevra
11 en Yeshua sê vir hulle: “Aan julle is dit gegee om die geheime van die Koninkryk van God te ken, maar vir hulle wat buite is, is alles in vergelykende storiesYes 6:9-10 herhaaldelik kyk en nie sien nie en herhaaldelik hoor en nie verstaan nie sodat hulle nie dalk omdraai na God toe en die sondes hulle vergewe word nie.”
12 sodat hulle
13 Hy sê vir hulle: “Verstaan julle nie hiérdie vergelykende storie nie en hoe sal julle dan enige vergelykende storie kan verstaan?
14 Die saaier wat saai, saai die boodskap
15 en hulle wat langs die pad is, is dié waar die boodskap gesaai word, maar sodra hulle dit gehoor het, kom die teëstander dadelik en neem die boodskap weg wat in hulle verstand gesaai is.
16 Die wat op rotsagtige plekke gesaai word, is hulle wat, as hulle die boodskap hoor, dit dadelik met vreugde aanneem,