16 Die wat op rotsagtige plekke gesaai word, is hulle wat, as hulle die boodskap hoor, dit dadelik met vreugde aanneem,
17 maar geen wortel in hulleself het nie; hulle is net vir ’n tyd en wanneer daar druk of vervolging kom ter wille van die boodskap, gee hulle aanstoot.
18 Die wat tussen die dorings gesaai word; dit is húlle wat die boodskap hoor
19 en die belange van hierdie wêreld, die misleiding van rykdom en al die ander begeertes wat inkom, versmoor die boodskap en dit word onvrugbaar.
20 Húlle wat op die goeie grond gesaai is, is húlle wat die boodskap hoor, aanvaar en vrugte dra: een dertig-, een sestig- en een honderdvoudig.”
21 Hy sê vir hulle: “Iemand bring nie ’n lamp om dit onder die maatemmer of onder die bed te sit nie. Moet dit nie op die lampstaander gesit word nie?
22 Daar is niks weggesteek wat nie openbaar sal word nie en daar is niks geheim wat nie uitgevind sal word nie.