18 en Hy sê vir hulle: “Is julle net so sonder begrip. Weet julle nie dat niks, wat van buite af in die mens ingaan, hom onrein kan maak nie
19 omdat dit nie ingaan in sy verstand nie, maar in die maag, wat alle kos reinig, en uitgewerp word?
20 Wat uit die mens uitgaan, dit maak die mens onrein,
21 want uit die binneste, uit die verstand, wil en emosie van die mens, kom die bose gedagtes: egbreuk, seksuele immoraliteit, diefstal, moord,
22 gierigheid, boosheid, misleiding, onbeheerbaarheid, ’n bose oog (suinigheid), lastering, trots en doellose dinge.
23 Al hierdie booshede kom uit die binneste en maak die mens onrein.”
24 Yeshua het van daar af opgestaan en gekom by die gebied van Tzor en Tzidon en Hy het in ’n huis ingegaan sodat niemand dit sou weet nie, maar dit was onmoontlik om ongesiens te bly,