1 Hy sê vir hulle: “Dit is waar, Ek sê vir julle, daar is sommige van dié wat hier staan, wat nie die dood sal smaak voordat hulle die Koninkryk van God met kragtige werke sien kom het nie.”
2 Ná ses dae het Yeshua net vir Kefa, Ya’akov en Yoganan saamgevat, op teen ’n hoë berg, in afsondering en Hy het voor hulle van gedaante verander.
3 Sy klere het stralend, wit soos sneeu, geword, witter as wat enige een op aarde dit kan bleik.
4 Eliyahu en Moshe het aan hulle verskyn terwyl hulle met Yeshua gepraat het.
5 Kefa sê vir Hom: “My Meester, dit is goed dat ons hier is. Laat ons drie tente maak: een vir U en een vir Moshe en een vir Eliyahu,”