16 Hy vra vir die leraars van die wet: “Wat debatteer julle met hulle?”
17 Een uit die skare mense antwoord en sê: “Meester, ek het my seun, wat ’n stom gees het, na U gebring
18 en wanneer dit oor hom kom, gooi die gees hom neer en slaan hom; hy kners op sy tande en word swakker en ek het U studentevolgelinge gevra om hom uit te dryf en hulle kon nie.”
19 Yeshua antwoord en sê vir hom: “O geslag sonder vertroue, hoe lank sal Ek by julle wees, hoe lank moet Ek uithou met julle? Bring hom na My toe.”
20 Hulle bring hom na Hom toe en dadelik, toe hy Hom sien, gooi die gees hom dat hy op die grond val en rond wriemel met skuim in die mond.
21 Yeshua vra vir sy vader: “Hoe lank is dit al dat dit met hom gebeur?” Hy antwoord: “Van sy kinderdae af
22 en baie keer het hy hom in die vuur en in die water gegooi om hom te vernietig, maar enige iets wat U kán doen om ons te help, gee om vir ons!”