31 omdat Hy Sy studentevolgelinge geleer en vir hulle gesê het: “Die Seun van die mens word oorgegee in die hande van die mense en hulle sal Hom doodmaak en nadat Hy doodgemaak is, sal Hy op die derde dag opstaan.”
32 Hulle het wat gesê is nie verstaan nie en was bang om Hom te vra.
33 Hy het in K’far-Nagum gekom en nadat hulle in die huis gekom het, vra Hy vir hulle: “Wat het julle op die pad bespreek?”
34 Hulle het stilgebly, want hulle het op die pad met mekaar geredeneer oor wie die grootste is.
35 Yeshua het gaan sit, die twaalf geroep en vir hulle gesê: “Hy wat eerste wil wees, sal laaste wees en almal se dienskneg.”
36 Hy vat ’n kind en laat hom tussen hulle staan en sit hom op Sy skouers en sê vir hulle:
37 “Elkeen wat iemand soos dié seun ontvang in My Outoriteit en Karakter, ontvang My en elkeen wat My ontvang, ontvang My nie as hy nie Hom wat My gestuur het ontvang nie.”