40 daarom, wie ook al nie teen jou is nie, is vir jou.
41 Elkeen wat vir julle net ’n beker water gee om te drink omdat julle in die Outoriteit en Karakter van Die Gesalfde Een kom, dit is waar, Ek sê vir julle, hy sal sy beloning sekerlik nie verloor nie
42 en elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My vertrou, laat struikel, dit is beter vir hom as ’n meulsteen van ’n donkie om sy nek gehang en hy in die see gegooi word.
43 As jou hand jou verlei om te sondig, kap dit af (stop dit). Dit is beter vir jou om vermink die lewe in te gaan, as om twee hande te hê en hel toe te gaan,Yes 66:24
44 waar hulle wurm nie doodgaan en hulle vuur nie geblus word nie.
45 As jou voet jou verlei om te sondig, kap dit af (stop dit). Dit is beter vir jou om kreupel die lewe in te gaan, as om twee voete te hê en hel toe te gaan,Yes 66:24
46 waar hulle wurm nie doodgaan en hulle vuur nie geblus word nie.