5 Kefa sê vir Hom: “My Meester, dit is goed dat ons hier is. Laat ons drie tente maak: een vir U en een vir Moshe en een vir Eliyahu,”
6 maar hy het nie geweet wat hy sê nie, want hulle was in vrees.
7 Daar was ’n wolk wat hulle omvou het en uit die wolk kom ’n Stem wat sê: “Dit is My Seun wat Ek liefhet, luister na Hom!”
8 Die studentevolgelinge kyk op van die stilte daarna en sien niemand by hulle nie, behalwe net Yeshua.
9 Terwyl hulle van die berg afklim, beveel Hy hulle om aan niemand te vertel wat hulle gesien het voordat die Seun van die mens opgestaan het uit die dood uit, nie.
10 Hulle het die boodskap vir hulleself gehou en onder mekaar bespreek wat die stelling ‘opstaan uit die dood uit’ is.
11 Hulle vra Hom en sê: “Waarom sê die leraars van die wet dat Eliyahu eers moet kom?”