8 Die studentevolgelinge kyk op van die stilte daarna en sien niemand by hulle nie, behalwe net Yeshua.
9 Terwyl hulle van die berg afklim, beveel Hy hulle om aan niemand te vertel wat hulle gesien het voordat die Seun van die mens opgestaan het uit die dood uit, nie.
10 Hulle het die boodskap vir hulleself gehou en onder mekaar bespreek wat die stelling ‘opstaan uit die dood uit’ is.
11 Hulle vra Hom en sê: “Waarom sê die leraars van die wet dat Eliyahu eers moet kom?”
12 Hy antwoord en sê vir hulle: “Eliyahu kom inderdaad eers om alles te herstel en net so staan daar van die Seun van die mens geskrywe dat Hy baie moet ly en verwerp word.
13 Ek sê vir julle dat Eliyahu ook reeds gekom het en hulle het aan hom gedoen soveel as wat hulle wou, soos van hom geskrywe is.”
14 Toe Hy by die studentevolgelinge kom, sien Hy baie mense om hulle en leraars van die wet wat met hulle debatteer.