12 Saam sal ons deur júlle, sowel as mý vertroue, bemoedig kan word.
13 Ek wil dat julle weet, broers, dat ek dikwels begeer het om na julle toe te kom sodat daar ook onder julle vir my vrug kan wees, soos onder die ander nasies, maar tot nou toe verhinder is.
14 Ek is verskuldig om aan elke persoon te verkondig; teenoor Grieke sowel as barbare, teenoor wyse sowel as oningeligte mense.
15 Ek doen daarom moeite om ook aan julle wat in Rome is, die goeie boodskap te verkondig,
16 want ek skaam my nie oor die goeie boodskap nie, want dit is die krag van God tot lewe vir elkeen wat aanhou om daarin te vertrou, of dit eerstens vir die Jood is of vir die ander nasies.Hav 2:4; Mar 9:23; Heb 11:6 “Die regverdige sal vanuit vertroue lewe.”
17 Daarin word die onpartydige opregtheid van God openbaar deur vertroue tot vertroue volgens wat geskryf is:
18 Die woede van God word daarom van die hemel af openbaar oor al die boosheid en onregverdigheid van die kinders van die mens, hulle wat die waarheid deur boosheid verhoed