16 Dit is egter nie almal wat die goeie boodskap gehoorsaam het nie, want Yesha’yahu het gesê: “My Meester, wie glo ons verslag?”
17 Vertroue is daarom in een wat luister en doen; een wat luister en doen wat God sê.Ps 19:2-5
18 Ek sê egter: “Het hulle nie gehoor nie?” Let op, hulle verslag het uitgegaan oor die hele aarde en hulle woorde tot by die eindes van die wêreld.”Deut 32:21
19 Ek sê egter: “Miskien het Yisra’el nie verstaan nie?” Moshe het vroeër gesê: “Ek sal julle jaloers maak op dié wat geen volk is nie en Ek sal julle kwaad maak teen ’n nasie wat nie gehoorsaam is nie.”Yes 65:1; Rom 9:30
20 Yesha’yahu sê openlik: “Ek het verskyn aan hulle wat nie na My gesoek het nie en Ek is gevind deur dié wat nie na My gevra het nie.”Yes 65:2; Rom 9:31
21 Vir Yisra’el sê Hy: “Die hele dag lank het Ek My hande uitgehou na mense wat twissoekerig en ongehoorsaam is.”2 Kro 20:7 want ek is ook vanuit Yisra’el, van die nageslag van Avraham, van die stam van Binyamin.