2 want ek getuig van hulle dat hulle ’n ywer vir God in hulle het, maar nie in kennis nie
3 omdat hulle die onpartydige opregtheid van God nie ken nie, maar hulle eie onpartydige opregtheid probeer oprig; daarom het hulle die onpartydige opregtheid van God nie gehoorsaam nie,
4 want die einddoel van die geskrewe wet is Die Gesalfde Een tot onpartydige opregtheid aan elkeen wat vertrou,Lev 18:5
5 want Moshe skryf dat die man wat die onpartydige opregtheid praktiseer wat uit die wet is, volgens daardie onpartydige opregtheid sal lewe.”
6 Die onpartydige opregtheid wat uit vertroue is, sê dit so: “Moenie in jou gedagtes, wil en verstand sê: ‘Wie het opgegaan na die hemel en Die Gesalfde Een afgestuur;
7 wie het in die bodemlose put van Sh’ol neergedaal en Die Gesalfde Een uit die dood uit opgebring?’ nie.Deut 30:11-14 “Naby jou is die antwoord, in jou mond en in jou verstand.” Dit is die boodskap van vertroue wat ons verkondig:
8 Daarteenoor, wat sê dit?