9 as jy met jou mond ons Meester, Yeshua, verklaar en met jou verstand, wil en emosie vertrou dat God Hom uit die dood uit opgewek het, sal jy lewe hê,
10 want die verstand, wil en emosie wat in Hom vertrou, is onskuldig verklaar en die mond wat Hom bely, lewe,Yes 28:16
11 want die Skrif sê: “Elkeen wat in Hom vertrou, sal nie beskaam word nie.”
12 Hierin maak Hy nie ’n onderskeid tussen Jood en nie-Jood nie, want יהוה is Een vir almal van hulle en is waardevol vir almal wat Hom aanroep,Yo’el 2:32 sal lewe hê.
13 want elkeen wat hom op die Karakter en Outoriteit (Naam) van יהוה beroep,
14 Hoe sal hulle hul dan beroep op Hom, behalwe as hulle in Hom vertrou? Hoe sal hulle in Hom vertrou as hulle Hom nie gehoor het nie? Of hoe sal hulle hoor sonder een wat verkondig?Yes 52:7
15 Of hoe kan hulle verkondig as hulle nie gestuur word nie? Soos geskrywe is: “Hoe lieflik is die voete van die boodskapper van vrede, gesondheid, voorspoed, vergenoegdheid en van die boodskapper van goeie dinge.”Yes 53:1; Yog 12:38