19 Sonder twyfel sal jy sê: “Die takke is afgesny sodat ek in hulle plek ingeënt kon word.”Yir 5:10; Yir 11:16 maar jy staan deur vertroue. Moenie arrogant wees in jou gedagtes nie, maar vrees,
20 Goed, hulle is afgesny omdat hulle nie vertrou het nie,
21 want as God die natuurlike takke nie gespaar het nie, sal Hy jou ook sekerlik nie spaar nie.
22 Kyk hierdeur na die goeddoen met sagtheid en die strengheid van God: strengheid oor die wat geval het, maar goeddoen met sagtheid oor jou as jy in Sy goedheid bly, anders sal jy ook afgesny word.
23 Ook hulle sal egter, as hulle nie in hulle tekort aan vertroue bly nie, ingeënt word, want God is magtig om hulle weer in te ent,Yog 15:1-7
24 want as jy afgekap is van die olyfboom wat van nature wild is en teen die natuur in op die mak olyfboom ingeënt kan word, hoeveel te meer kan hulle dan wat dit van nature is, op hul natuurlike olyfboom ingeënt word?Luk 21:24
25 Ek wil hê, my broers, dat julle hierdie geheimenis moet ken sodat julle nie wys mag wees in julle opinie van julleself nie: dat die verblinding gedeeltelik oor Yisra’el se verstand, wil en emosie gekom het totdat die volheid van die ander nasies ingegaan hetYes 59:20-21