9 Dawid sê weer: “Hulle tafel sal vir hulle ’n valstrik wees en hulle beloning ’n oortreding.Ps 69:23-24
10 Laat hulle oë donker word sodat hulle nie kan sien nie en laat hulle rug aanhoudend oorgebuig wees,”Deut 32:21
11 maar ek vra: “Het hulle gestruikel sodat hulle geval het?” ’n Verwerplike gedagte! Inteendeel, deur hulle struikeling het daar verlossing vir die ander nasies gekom, om hulle jaloers te maak
12 en as hulle oortreding waardevol vir die wêreld is en hulle veroordeling waardevol is vir die ander nasies, hoeveel te meer nie hulle volheid nie!
13 Want aan julle, die ander nasies sê ek; ek wat die afgevaardigde na die ander nasies is; ek eer my dienswerk,
14 om miskien my volksgenote jaloers te maak en sommige van hulle te red,
15 want as hulle verwerping die herstel van die verhouding vir die wêreld is, hoeveel te meer sal hulle terugkeer nie lewe uit die dood wees nie?Num 15:18-21 dan ook die geheel en as die wortel afgesonderd is, dan die takke ook.