1 My broers, daarom smeek ek julle, deur die guns van God dat julle jul liggame beskikbaar stel as lewende, afgesonderde en aanvaarbare offers vir God;
2 en moenie hierdie wêreld navolg nie, maar word verander deur die vernuwing van julle denke en julle sal kan onderskei wat die goeie, aanvaarbare en volmaakte wil van God is.
3 Deur die onverdiende guns wat aan my gegee is, sê ek vir julle almal dat julle nie van julself meer moet dink as wat ’n mens behoort te dink nie, maar dat julle aan julself dink in nederigheid volgens die maat van vertroue wat God aan elkeen uitgedeel het,
4 want net soos ons in een liggaam baie lede het, maar die lede nie almal dieselfde funksie het nie,
5 net so is ons almal saam een liggaam in Die Gesalfde Een, maar elkeen afsonderlik lede van mekaar.
6 Ons het verskillende gawes volgens die onverdiende guns wat aan ons gegee is: daar is dié van profesie, na die maat van sy vertroue;