5 net so is ons almal saam een liggaam in Die Gesalfde Een, maar elkeen afsonderlik lede van mekaar.
6 Ons het verskillende gawes volgens die onverdiende guns wat aan ons gegee is: daar is dié van profesie, na die maat van sy vertroue;
7 daar is dié van bediening, vir die een in Sy bediening; daar is dié van lering, wie in Sy lering is;
8 daar is dié van ’n vertrooster, wat in Sy vertroosting is; ’n gewer in vrygewigheid; ’n leier met ywerigheid; daar is dié vir een wat omgeedade bewys met blymoedigheid.
9 Laat jou liefde sonder misleiding wees, haat wat boos is en klou aan die goeie;
10 wees jy aangetrokke teenoor jou broers en wees lief vir mekaar; gaan jy voor in die eerbetoning van mekaar;
11 wees jy fluks en nie lui nie; wees jy entoesiasties van gees in jou werk vir die Meester;