3 Hy wat eet, moet hom wat nie eet nie, nie verag nie en hy wat nie eet nie, moet hom wat eet, nie oordeel nie, want God het hom aanvaar.
4 Wie is jy wat die dienskneg oordeel wat nie joune is nie? Hy staan of val met betrekking tot sy eie meester, maar sy eie meester het mag om hom staande te hou.
5 Daar is een wat onderskei tussen dae en daar is een wat alle dae beoordeel. Laat elkeen in sy eie denke seker wees.
6 Wie ook al watter dag hoog ag, ag dit hoog vir sy Meester en hy wat die dag nie hoog ag nie, ag dit nie hoog nie, vir sy Meester; wie eet, eet tot eer van sy Meester en dank God en wie nie eet nie, hy eet nie, tot eer van sy Meester en dank God,
7 want daar is niemand van ons wat vir homself leef nie en niemand gaan dood vir homself nie,
8 want as ons lewe, leef ons vir ons Meester en as ons doodgaan, gaan ons dood vir ons Meester; of ons dan lewe en of ons doodgaan, ons behoort aan ons Meester.1 Kor 8:6
9 Vir hierdie rede het Die Gesalfde Een ook gesterf, weer lewend geword en opgestaan sodat Hy יהוה sal wees vir die wat lewe en vir die wat dood is.