8 want as ons lewe, leef ons vir ons Meester en as ons doodgaan, gaan ons dood vir ons Meester; of ons dan lewe en of ons doodgaan, ons behoort aan ons Meester.1 Kor 8:6
9 Vir hierdie rede het Die Gesalfde Een ook gesterf, weer lewend geword en opgestaan sodat Hy יהוה sal wees vir die wat lewe en vir die wat dood is.
10 Jy, waarom oordeel jy jou broer? Of selfs jy, waarom verag jy jou broer? Want ons sal almal voor die regterstoel van Die Gesalfde Een staan.Yes 45:23; Fil 2:10
11 Soos daar geskryf is: “So waar as Ek leef, sê יהוה, voor My sal elke knie buig en elke tong sal aan My lofprysing gee.”
12 Daarvolgens sal elkeen van ons aangaande sy lewe aan God rekenskap gee.Lev 19:14
13 Laat ons mekaar van nou af nie meer oordeel nie, maar besluit liewer dít: om nie vir jou broer ’n struikelblok neer te sit nie.
14 Ek weet en is oortuig daarvan deur יהוה-Yeshua dat daar niks is wat in ditself onrein is nie, maar hy wat reken dat iets onrein is, vir hom alleen is dit onrein.