18 want ek waag nie om enige iets, anders as wat Die Gesalfde Een deur my gedoen het ten aanhore van die ander nasies, deur boodskap en daad,
19 deur die krag van tekens en wonderwerke en deur die krag van die Gees van God, te sê nie, om só die verkondiging van die goeie boodskap van Die Gesalfde Een te voltooi van Yerushalayim af tot by Illurikon
20 terwyl ek daarop konsentreer om nie die goeie boodskap te verkondig waar Die Gesalfde Een se Karakter en Outoriteit (Naam) reeds uitgeroep is nie, om so nie op ’n vreemde fondament te bou nie,Yes 52:15
21 maar net soos geskrywe is: “Hulle aan wie Hy nie verkondig is nie, sal Hom sien en hulle wat nie gehoor het nie, sal oortuig wees.”
22 Ek is ook baie keer verhinder om na julle toe te kom,
23 maar nou dat ek geen plek meer het in hierdie streke nie en al baie jare die begeerte het om na julle toe te kom,
24 hoop ek om na julle toe te kom en julle te sien wanneer ek na Spania gaan en wanneer ’n paar van julle my daarheen sal vergesel, sal ek verheug wees om julle te sien.