24 hoop ek om na julle toe te kom en julle te sien wanneer ek na Spania gaan en wanneer ’n paar van julle my daarheen sal vergesel, sal ek verheug wees om julle te sien.
25 Nou gaan ek egter na Yerushalayim om die afgesonderdes te bedien,
26 want dié wat in Makedonia en Agaia is het dit goedgedink om te deel met die armes onder die afgesonderdes in Yerushalayim.
27 Hulle was gewillig omdat hulle dit ook aan hulle verskuldig is, want as hulle, in die geestelike, deelgenote gemaak is met die ander nasies, is hulle ook verskuldig om hulle met die fisiese te dien.
28 Wanneer ek dit dus afgehandel het en vir hulle hierdie vrug oorgegee het, sal ek by julle verbygaan Spania toe.
29 Ek weet dat wanneer ek na julle toe kom, ek met die volle seën van die goeie boodskap van Die Gesalfde Een sal kom,
30 maar ek versoek julle, my broers, in ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een en in die liefde van die Gees, om saam met my, vir my, in gebed by God te stry