23 want almal van hulle het gesondig en kom die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van God kort
24 en hulle word onskuldig verklaar deur Sy onverdiende guns sonder koste en deur die verlossing wat in Die Gesalfde Een, Yeshua, is;
25 Hy, wat vroeër deur God gegee is as die Toedekking van sonde, deur die vertroue, met Sy bloed ter wille van ons sondes wat ons vroeër gepleeg het,
26 in die ruimte wat God ons gegee het deur die geduld van Sy Gees vir die demonstrasie van Sy beoordeling wat in die teenwoordige tyd is, waardeur Hy wys dat Hy die Regverdige Een is en deur onpartydige opregtheid hom wat in die vertroue van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een is, onskuldig verklaar.
27 Waar is dan die roem? Dit is uitgeskakel. Deur watter wet? Dié van doen van die wet? Nee, maar deur die wet van vertroue.
28 Ons kom dus tot die gevolgtrekking dat die mens onskuldig verklaar word deur vertroue en nie deur die doen van die geskrewe wet nie.
29 Of is God net God van die Jode en nie ook van die ander nasies nie? Ja, ook van die ander nasies,Deut 6:4 wat die besnedenes deur vertroue en die onbesnedenes deur vertroue onskuldig verklaar.