1 Wat sê ons daarom van wat Avraham, hoof van die vaders, deur die vlees verkry het?
2 As Avraham vanuit die dade onskuldig verklaar is, het hy iets om op te roem, maar nie in die Teenwoordigheid van God nie,Gen 15:6
3 want wat sê die Skrifte? ‘Avraham het God vertrou en dít is hom tot onpartydige opregtheid gereken,
4 maar aan hom wat werk, word die beloning nie na onverdiende guns bereken nie, maar na verdienste;
5 aan hom egter wat nie werk nie, maar slegs vertrou in die Een wat die sondaar onskuldig verklaar, word sy vertroue vir hom tot onpartydige opregtheid gereken.
6 Soos Dawid ook die mens, vir wie God as onpartydig opreg bereken sonder eie dade, gelukkig ag as hy sê:
7 “Geseënd is hulle wie se oortredings van die wet verwyder is en wie se sondes toegedek is.Ps 32:1-2