16 As gevolg hiervan sal iemand deur vertroue, wat uit onverdiende guns is, onskuldig verklaar word en sal die belofte seker wees vir al sy saad; nie alleen vir dié wat uit die geskrewe wet is nie, maar ook vir dié wat uit die vertroue van Avraham is, die vader van ons almal.Gen 17:5 Dit ís hy voor God omdat hy vertrou het dat Hy die Een is wat lewe gee aan dit wat dood is en hulle wat nie is nie, roep asof hulle is.”
17 Net soos geskrywe is: “Ek het jou as ’n vader van baie nasies aangestel.”Gen 15:5
18 Hy het verby enige hoop vertrou dat hy vader sou word van baie nasies volgens wat gesê is: “Soveel sal jou nageslag wees.”
19 Al was hy omtrent honderd jaar oud, het sy vertroue nie verswak, toe hy na sy eie liggaam, wat alreeds dood was en na die dooie toestand van die baarmoeder van Sarah, gekyk het nie.
20 Hy het nie asof vanuit ’n gebrek aan vertroue aan die belofte van God getwyfel nie, maar hy is versterk in vertroue en het aan God die lofprysing gegee
21 en bevestig dat God die vermoë het om te doen wat Hy hom beloof het.Gen 15:6
22 As gevolg hiervan is dit vir hom bereken tot onpartydige opregtheid,