4 maar aan hom wat werk, word die beloning nie na onverdiende guns bereken nie, maar na verdienste;
5 aan hom egter wat nie werk nie, maar slegs vertrou in die Een wat die sondaar onskuldig verklaar, word sy vertroue vir hom tot onpartydige opregtheid gereken.
6 Soos Dawid ook die mens, vir wie God as onpartydig opreg bereken sonder eie dade, gelukkig ag as hy sê:
7 “Geseënd is hulle wie se oortredings van die wet verwyder is en wie se sondes toegedek is.Ps 32:1-2
8 Geseënd is die man vir wie God die sonde nie bereken nie.”
9 Hierdie seën dan, is dit op die besnedenes of ook op die onbesnedenes? Want ons sê: ‘Deur Avraham se vertroue is hy onpartydig opreg gereken.’
10 Hoe is dit dan bereken? Toe hy besnede of onbesnede was? Nie as besnedene nie, maar as onbesnedene.