8 Geseënd is die man vir wie God die sonde nie bereken nie.”
9 Hierdie seën dan, is dit op die besnedenes of ook op die onbesnedenes? Want ons sê: ‘Deur Avraham se vertroue is hy onpartydig opreg gereken.’
10 Hoe is dit dan bereken? Toe hy besnede of onbesnede was? Nie as besnedene nie, maar as onbesnedene.
11 Hy het die teken van die besnydenis ontvang as ’n seël van sy onpartydige opregtheid deur vertroue, toe hy nog nie besny was nie sodat hy die vader kon wees van almal wat vertrou terwyl hulle onbesnede is sodat dit ook vir hulle as onpartydige opregtheid gereken kon word
12 en net so ook is hy ’n vader van dié besnedenes wat nie alleen fisies besny is nie, maar ook loop in die voetspore van vertroue van ons vader Avraham, toe hy nog onbesnede was,Gen 15:3-5 deur die geskrewe wet verkry nie, maar deur die onpartydige opregtheid wat uit vertroue kom,
13 want die belofte dat hy erfgenaam van die wêreld sou wees, het nie Avraham, of sy nageslag,
14 want as hulle erfgename is vanuit die geskrewe wet, dan het vertroue geen doel nie en is die belofte gekanselleer,