3 Nie alleen so nie, maar ons verheug ons ook in die pyniginge omdat ons weet dat die pyniginge, uithouvermoë in ons vervolmaak,
4 en die uithouvermoë vervolmaak ondervinding en die ondervinding vervolmaak versekerde verwagting
5 en die versekerde verwagting beskaam nie omdat die oorlopende liefde van God reeds in ons verstand, wil en emosie uitgestort is deur die Gees van Afsondering wat aan ons gegee is.
6 Waarlik, Die Gesalfde Een het ter wille van ons swakheid, op díé tyd, in die plek van bose mense gesterf.
7 Iemand sal moeilik vir ’n bose sterf; vir ’n goeie mens sal iemand miskien nog die moed hê om te sterf.
8 Hierin wys God Sy liefde vir ons: dat Die Gesalfde Een in ons plek gesterf het toe ons sekerlik nog sondaars was.
9 Hoeveel te meer sal ons, nou dat ons onskuldig verklaar is in Sy bloed, deur Hom gered word van die toorn,