1 Wat sal ons daarom sê? Sal ons in die sonde bly sodat die onverdiende guns meer kan word?
2 ’n Verwerplike gedagte! Hoe kan enige een van ons wat dood is vir die sonde, weer daarin leef?
3 Of weet julle nie dat díe van ons wat in Die Gesalfde Een, Yeshua, gedoop is, in Sy dood gedoop is nie?Efe 3:20; Fil 3:10
4 Ons is saam met Hom begrawe in die doop tot die dood sodat net soos Die Gesalfde Een uit die dood uit opgestaan het deur die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van Sy Vader, ons ook net so in ’n nuwe lewe kan leef,
5 want as ons een geword het met Hom deur dieselfde dood as Hy, sal ons ook een wees met Hom in dieselfde opstanding as Hy.