13 want as julle na die vlees lewe, sal julle sterf en as julle in die Gees die praktyke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe,
14 want dié wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God.
15 Julle het nie ’n gees van slawerny ontvang om weer te vrees nie, maar julle het die Gees van aanstelling as kinders ontvang, deur Wie ons uitroep: “Vader, ons Vader!”
16 Daardie Gees getuig tot ons gees dat ons kinders van God is
17 en as ons kinders is, dan ook erfgename. Erfgename van God en mede-erfgename van Yeshua, Die Gesalfde Een, want as ons saam met Hom ly, sal ons ook saam met Hom die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van God smaak.
18 Ek verklaar dat die lyding van hierdie tyd nie vergelyk kan word met die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van God wat aan ons openbaar sal word nie,Ya’a 1:18
19 want die skepping wag in versekerde verwagting en in afwagting op die openbaarmaking van die kinders van God,