28 Ons weet dat, vir hulle wat God liefhet,
29 want die wat Hy vooruit geken het, dié het Hy ook vooruit gevorm om te lyk net soos die beeld van Sy Seun sodat Hy die Eersgeborene kan wees onder baie broers
30 en die wat Hy vooruit gevorm het, dié het Hy ook geroep en die wat Hy geroep het, dié het Hy ook onskuldig verklaar en die wat Hy onskuldig verklaar het, aan dié het Hy ook Sy Gemanifesteerde Teenwoordigheid gegee.
31 Wat sal ons daarom van hierdie dinge sê? As God vír ons is, wie is teen ons?
32 As Hy selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom, in plaas van ons almal, oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ook vir ons alles gee nie?
33 Wie sal beskuldigings inbring teen dié wat God gekies het? God verklaar onskuldig.
34 Wie is dit wat veroordeel? Die Gesalfde Een is Hy wat gesterf het, meer nog, wat ook opgewek is, wat ook aan die regterkant van God is, wat ook vir ons onthalwe intree.