30 en die wat Hy vooruit gevorm het, dié het Hy ook geroep en die wat Hy geroep het, dié het Hy ook onskuldig verklaar en die wat Hy onskuldig verklaar het, aan dié het Hy ook Sy Gemanifesteerde Teenwoordigheid gegee.
31 Wat sal ons daarom van hierdie dinge sê? As God vír ons is, wie is teen ons?
32 As Hy selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom, in plaas van ons almal, oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ook vir ons alles gee nie?
33 Wie sal beskuldigings inbring teen dié wat God gekies het? God verklaar onskuldig.
34 Wie is dit wat veroordeel? Die Gesalfde Een is Hy wat gesterf het, meer nog, wat ook opgewek is, wat ook aan die regterkant van God is, wat ook vir ons onthalwe intree.
35 Wat sal my skei van die liefde van Die Gesalfde Een: lyding, gevangeskap, vervolging, hongersnood, naaktheid, gevaar of die swaard?Ps 44:23
36 Soos geskrywe is: “Om U ontwil word ons die hele dag lank doodgemaak, ons is gereken as skape vir die slagting.”